Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 3 NOVEMBER 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die bulletin met nuus van twee stil sleutels.

Dit is met hartseer dat die Kaapstadse Amateurradiosentrum bekend maak dat die sleutel van hul vise-voorsitter Noel Futter, ZS1FW, op Dinsdag 29 Oktober by sy huis stilgebly het. Noel was 'n voormalige voorsitter van CTARS en het die weeklikse CTARS Maandagaand net aangebied.

Ons betuig ons meegevoel met sy vrou Joan, familie en vriende.

Dit is met hartseer dat ons verneem van die afsterwe van Gerald Klatzko ZS6BTD op Vrydag 1 November 2019 op 95-jarige ouderdom. Deur sy amateur radio loopbaan lewer hy 'n groot bydrae tot die amateurdiens. Hy was een van die eerstes wat eksperimenteer met stadig aftas televisie. Vir baie jare het hy NASA gehelp om ruimtevaarders met hul gesinne te koppel deur amateur radio skakels vanaf MIR, die Ruimtependeltuig en die Internasionale Ruimtestasie. Hy was meer as twee dekades mede- regisseur en aanbieder van Amateur Radio Mirror International. Gerald baie dankie vir jou bydrae tot amateur radio. Mag jy in vrede rus.

'n Spesiale huldeblyk word later vanoggend op Amateur Radio Today aangebied.

POUSE

In die nuus, vandag:

DIE SARL BHF/UHF ANALOOG KOMPETISIE VOLGENDE NAWEEK

DIE SARL WOENSDAG 80 M KLUB NAELLOOP OP 20 NOVEMBER

en

'N NUWE WÊRELDREKORD OP 630 METER?

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE SARL BHF/UHF ANALOOG KOMPETISIE VOLGENDE NAWEEK

Die tweede been van die SARL BHF/UHF Analoog-kompetisie is op die lug vanaf 10:00 UTC op Saterdag 9 November tot 10:00 UTC op Sondag 10 November 2019 met ESB, FM en gelykgolf op 6, 4 en 2 m, 70 en 23 cm en hoër. Alle QSOs moet tweerigting punt tot punt wees en die uitruiling is 'n RS- of RST-verslag en jou ligging hetsy 'n ses-syfer Maidenhead ruitblok of breedtegraad en lengtegraad.

Raadpleeg bladsy 48 van die 2019 Blouboek vir al die inligting oor die kompetisie - vermenigvuldigers en puntestand, ens. Jou logstaat moet teen Maandag 2 Desember 2019 na contest@sarl.org.za gestuur word.

DIE 2020 SARL BLOUBOEK

Die Kompetisie-span is besig met die 2020 SARL Blouboek en versoek klubs wat kompetisies aanbied om enige veranderinge in te dien wat hulle wil aanbring, asook e-posadresse vir die indiening van die logstate te bevestig. Lede word versoek om nuwe kompetisies in te dien. Stuur asseblief versoeke, voorstelle en wysigings na contest@sarl.org.za teen Woensdag 20 November 2019.

DIE 2020 SARL DAGBOEK VAN GEBEURE

Die SARL Sekretaris is besig om die 2020 Dagboek van Gebeure op te stel en nooi Klubs uit om die datums van hul Klub byeenkomste, snuffelmarkte en ander Klub aktiwiteite in te dien. Stuur die inligting teen Woensdag 20 November 2019 aan secretary@sarl.org.za.

DIE SARL WOENSDAG 80 M KLUB NAELLOOP OP 20 NOVEMBER

Die laaste been van die 2019 SARL Woensdag 80 m Klub Naelloop vind plaas van 17:00 tot 18:00 UTC op Woensdag 20 November met gelykgolf en foon aktiwiteit. Die uitruiling is 'n RS- of RST-verslag en u ruitblok (bv. KG30). Stuur jou logstaat per e-pos na zs4bfn@mweb.co.za teen Woensdag 27 November en onthou om die naam van jou Klub op die logstaat te skryf. Die MS Excel-logstaat kan op die kompetisie-bladsy van die Liga se webwerf gevind word.

Wie gaan die 80 m Klub trofee wen? Dit is tussen die Boland, die Bo-Karoo en die Wesrand klubs.

DIE NOVEMBER RADIO ZS

Die November 2019-uitgawe van Radio ZS is beskikbaar om af te laai. Daar is inligting oor die 2020 SARL Nasionale Konvensie en die IARU se siening oor die WRC-19 Agenda-punte. Hans, ZS6AKV sê radioamateurs het 'n ingesteldheids verskuiwing nodig en Tjerk, ZS1J vertel ons van 'n Icom AH-4 Instem-beheerder. Reinhardt, DC5ZM verduidelik hoe om krag vlak, terugkeer verlies en SWR te meet met behulp van mobiele radio-rigting koppelaars op GHz-frekwensies. Robert, V51RS vertel ons van die Etosha Herhaler en ons besoek Walvisbaai Radio in die Museumstuk. Ons kyk ook na APRS. En daar is meer in hierdie 64 bladsy-uitgawe.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

BHF EN RF GERAAS WERKSWINKEL OP 23 NOVEMBER 2019

Bespreek nou vir die laaste geleentheid van 2019. Die BHF en RF Geraas werkswinkel word op Saterdag 23 November 2019 by die NARS gehou. Die program en die besprekingsvorm is beskikbaar deur die skakels op die SARL-webblad te volg. Leer hoe om geraas te versag wat deur die kragstroom gegenereer word en wat die swak seine van HF en BHF beïnvloed, nuwe opdatering van bakens, die telegram BHF-waarskuwingstelsel, aktiewe antennas, snuffel geraas uit in jou radiokamer, binnelandse Troposferiese geleiding en meer.

'N NUWE WÊRELDREKORD OP 630 METER?

Eric Tichansky, NO3M en Roger Crofts, VK4YB, maak aanspraak op 'n nuwe wêreldrekord op 630 meter (472 tot 479 kHz). Hulle het mekaar op 14 Oktober om 10:32 UTC gewerk met die JT9-modus. Eric het gesê dat die kontak die hoogtepunt van 2 jaar se inspanning rondom elke dag en nag ewening sedert September 2017 verteenwoordig. 'Selfs as die paadjie die afgelope drie weke moontlik oop was, sou die een of ander punt met QRN geteister word.' Hy het gesê hoewel die opening wat die rekord-kontak vergemaklik het, nie so sterk soos openings in die verlede was nie, was daar natuurlik iets spesiaals aan die rol. ' Die kontak was oor 14 979 kilometer afgelê, wat die vorige rekord van 13 441 kilometer wat Roger Crofts, VK4YB en Kenneth Roberson, K5DNL, met byna 1538 kilometer verbeter het. Eric het gesê sy antenna is 'n 20,5 meter hoe top-gelaaide vertikaal en die ontvangs antenna is 'n volledige grootte agt-sirkel met kort vertikale. Die uitsending/ontvangs by VK4YB is 'n lineêr gelaaide vertikaal.

AWA BUIS QSO GESELLIGHEID UITSLAE

Die tweede been van die AWA Buis QSO Geselligheid is die naweek van 5 en 6 Oktober gehou, met AM op die Saterdag en ESB op die Sondag. Dit was aangenaam om Saterdag soveel AM-stasies op die bande te hoor, maar daar is geen logstate vir die dag ingedien nie. Die AWA-stasie het 22 stasies op AM aangeteken. Ongelukkig was daar ook baie mense wat vir die eerste keer AM gebruik het omdat hulle gevind het dat dit 'n modus op hul radios is. Heelwat van hierdie stasies het oor moduleer dat 'n mens nie kon uitvind wat hulle sê nie. Hulle het ook oor die band gespat dat dit vir sommige van die ander stasies moeilik was om binne die toegewese frekwensies te werk. Dit blyk dat die kuns om op AM te werk, óf vergete is, óf in sommige gevalle nooit aangeleer is nie.

Die ESB-been is Sondagmiddag gehou en daar was nog meer stasies wat aan hierdie been deelgeneem het. Altesame 58 roepseine is uit die 6 logstate gekry wat ingedien is. Die eerste plek in die ESB been was John Watson, ZS1WJ met Theunis Potgieter, ZS2EC in die tweede plek en Roy Walsh, ZS3RW in die derde plek.

Baie geluk aan diegene wat die hoogste punte behaal het en dankie aan almal wat aan die 2 dae deelgeneem het.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Daar is slegs 'n enkele, klein sonvlekkie sigbaar wat onlangs begin vorm het. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Radio amateurs kan veral met sonsondergang goeie DX openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

9 en 10 November - die SARL Analoog BHF/UHF-kompetisie
10 November - Herinnering Sondag (101 jaar sedert die einde van die Eerste Wêreldoorlog)
11 November - die sluitingsdatum vir RaDAR logstate
18 November - die sluitingsdatum vir PEARS HF logstate
20 November - SARL Woensdag 80 m Klub Naelloop en sluitingsdatum vir voorleggings vir die 2020 Blouboek en Dagboek van Gebeure
23 November - die SARL Nuweling Geselligheid en die BHF / RF Geraas Werkswinkel
23 en 24 - die CQ WW DX Gelykgolf-kompetisie
30 November - die Wesrand snuffelmark

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die tweede been van die SARL BHF/UHF Analoog-kompetisie is op die lug vanaf 10:00 UTC op Saterdag 9 November tot 10:00 UTC op Sondag 10 November 2019 met ESB, FM en gelykgolf op 6, 4 en 2 m, 70 en 23 cm en hoër. Raadpleeg bladsy 48 van die 2019 Blouboek vir al die inligting oor die kompetisie - vermenigvuldigers en puntestand, ens.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7,082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending deur Andy, ZS6ADY vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3,620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruin, ZS6JHB en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003